We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.
supported by
/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      €2 EUR  or more

     

about

Die liedjie se woorde is gedig deur ’n hartsvriendin, Carina Stander, kort na die geboorte van haar seun Aden "Vuurling". Ons seun, Michael, is een week later gebore in Augustus 2007. Kosbare vriendskappe wat deur die Groter hand geweef is. Dis ’n voorreg om die vleipad en bospad saam te kan stap en ure saam te kan baljaar op ons ongerepte, liefling-strand.

Kunswerk deur Carina Stander (Bergengel reeks)

Getoonset deur een van my gunsteling Suid-Afrikaanse kunstenaars, Herman van den Berg. Hy het ook kitaar werk en agtergrond sang gedoen op die liedjie.

Met dankbaarheid aan beide Carina en Herman.

lyrics

Lirieke:
=====

Jy kom op die dag
toe die heuningvoëls
om die botsels
van vuurpyle tros

die kleurmense dra aronskelke
oor 'n treinspoor
soos kerse in die nag

jy tree die vleipad na ons af
jou voete twee skutblare
jou bene stingelsag

ek herken jou van ver
roep vuurling vuurling
die lelies brand hul fakkels op jou koms

'n hegrank klou en word gesnoei
kyk hoe die bloedblom
vir jou bloei

jy kom in die koelheid
van Augustusmaand
in woke stuifmeel
in stormwind

selfs die ritsel van wimpers
oor wange
profeteer ’n matige vlammereën

welbekende seun ’n leeftyd
groei jy voort
uit water en geseënde saad

maar hoe ek die vroeglente
gaan verwoord
weet digter alleen

credits

from KimTsugi - Healing Waters, track released October 27, 2017
Woorde: Carina Stander (gedig getiteld "Varsgeborene", woorde aangepas met toestemming)
Oorspronlke Musiek: Herman van den Berg
Klavier en verwerking: Helmut Meijer
Akoestiese kitaar: Sven Blumer
Baskitaar: Lukas de Beer
Elektriese kitaar en agtergrondsang: Herman van den Berg

license

all rights reserved

tags

about

Kim Hoelscher Cape Town, South Africa

Kim (Edkins) Hoelscher is an artist that lives in Cape Town, South Africa.

By the age of 25 she had lost both her siblings and both her parents. The weight of the loss made her hide in the shadows for nearly 18 years. She has broken out of her cocoon and has found her voice again. This is the start of a new journey. ... more

contact / help

Contact Kim Hoelscher

Streaming and
Download help

Redeem code

Report this track or account

If you like Kim Hoelscher, you may also like: